Edward Jenner

Edward Jenner
Portret van Edward Jenner deur James Northcote

Gebore 17 Mei 1749
Berkeley, Gloucestershire, Engeland
Oorlede 26 Januarie 1823 (op 73)
Berkeley, Gloucestershire, Engeland
Blyplek Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Medisyne/sjirurgie, natuurlike geskiedenis
Alma mater St George's, Universiteit van Londen
Universiteit van Sint Andrews
Ander akademiese adviseur(s) John Hunter
Bekend vir Entstof teen pokke

Edward Jenner (17 Mei 174926 Januarie 1823) was 'n Britse dokter wat 'n entstof teen pokke ontwikkel het. Hy is gebore in Berkeley, Gloucestershire, Engeland. Op die ouderdom van agt was hy in hok geplaas nadat hy ingeënt was met pokke saam met ander kinders; dit was die gewoonte van die tyd. Hy het hier gebly totdat die siekte sy gang gegaan het.

Op die ouderdom van twaalf was hy vlot in Latyn en kon 'n bietjie Grieks verstaan. Hy word die assistent van Mnr. Ludlow, 'n dokter in Sodbury. Hier het hy op die storie afgekom dat mense wat met koeipokke besmet raak nie kinderpokkies kan kry nie. Nadat hy sy vakleerlingskap voltooi het, gaan hy na Londen in 1770 waar hy onder die toesig van John Hunter werk. Hy leer by Hunter die wetenskaplike benardering tot probleem oplossing aan. Hy het ook anatomie bestudeer by Hunter se anatomieskool. Hy doen ook diens in die St. Georges hospitaal.

Op die versoek van sir Joseph Banks, kollekteer hy al die monsters wat kapt. James Cook terug gebring het op die skip Endeavor vanaf sy ontdekkingstog in Australasië. Hy keer terug na Berkeley in 1773 waar hy 'n reputasie opbou as 'n dokter en naturalis.

Hy dien 'n dokument by die Royal Society in wat handel oor die koekoek in 1778. Die dokument handel oor die koekoek se gewoonte om die stiefouers se eiers uit die nes te gooi sodra hulle uitgebroei het. Uit erkenning van sy werk word hy toegelaat as fellow van die Royal Society in 1779.

In 1778 trou hy met Katherine Kingscote en koop 'n huis genaamd The Chantry in Berkeley. Sy vrou se gesondheid was egter nie goed nie en gevolglik bring hulle die somers deur by Cheltenham Spa. Nadat hy amptelik sy doktersgraad ontvang het van St. Andrews Universiteit, bou hy 'n groot praktyk op.

Jenner bestudeer die koeipokke verskynsel vir 'n aantal jare. Op 14 Mei 1796 spuit hy 'n seun met, James Phipps opsetlik in met die virus. Die seun ontwikkel koeipokke soos normaalweg en ses weke later het Jenner hom ingespuit met pokke. Maar die pokkevirus ontwikkel nie en Phipps kom niks oor nie. Hy doen nog soortgelyke eksperimente en Jenner publiseer sy resultate as An Inquiry into the Cause of the Variole Vaccine, a Disease Discovered in Some of the Western Countries of England, particularly Gloucesterhire, and Known by the name of the Cowpox.

As gevolg van sy werk word hy ontvang deur koning George III, koningin Charlotte, die Prins van Wallis en deur die Graaf van York. Laasgenoemde maak inenting verpligtend in die Britse Leër en die Graaf van Clarence (later koning William IV van die Verenigde Koninkryk) maak dit verpligtend in die Britse Vloot. Die Britse parlement maak aam hom 'n toekenning van £10,000 in 1801 en £20 000 in 1807. Verkeie toekennings volg daarna.

Hierna word die praktyk van inenting wêreldwyd in gebruik geneem. Dit is in Noord-Amerika bekendgestel deur dokter John Coakley Lettsom.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search